Sport

Midas marathon klub nuus

THABAZIMBI – Midas marathon klub hou 21 Januarie 2006 ‘n vergadering wat sal plaasvind te 9de laan 27 om 15:00.
Die verigtinge sal begin word met die vergadering en daarna sal ‘n bring en braai gehou word sodat die lede mekaar beter kan leerken. Dié dag sal daar 20 lisensies beskikbaar wees.
Die lede geld beloop R50 vir die lisensie en R70 vir die klub fooie vir die hooflid. Die tweede lid van die gesin betaal slegs R60 en R50 vir verdere lede. Dit is belangrik dat alle belangstellende lede die vergadering bywoon want daar gaan belangrike inligting bespreek word.
Die klub sien uit daarna om almal daar te sien. Indien die adres nie bekend is nie of verdere inligting benodig word kan Barend Schlebusch gekontak word by 083 521 9909.