Egpaar vier goue Huweliksherdenking

THABAZIMBI – ‘n Egpaar van Thabazimbi, Nick en Bettie le Roux, het op 10 Desember hul 50ste Huweliksherdenking gevier. Hul drie dogters van onderskeidelik Piketberg, Vryheid en Empangeni, het hul ouers op 6 Desember met ‘n kuier verras aangesien oupa Nick ook op die 8ste Desember sy verjaarsdag gevier het.
Die egpaar se seun, Lourens le Roux, is woonagtig te Thabazimbi en ook die vieringe bygewoon. Al hul kinders, Terence, Nicolene, Phillip, Corlia, Tony, Elsabe, Lourens, Sarette en 10 kleinkinders het hul ouers en grootouers bedank vir die wonderlike voorbeeld wat hulle al die jare aan hulle gestel het.