Goeie reënneerslae sedert begin 2006
THABAZIMBI – Thabazimbi en omliggende gebiede het groot baat gevind met die welkome reën sedert begin Januarie. Van die saai- en wildsboere in die omgewing was die afgelope tyd onder groot druk as gevolg van die heersende droogtes. Vir droogtegeteisterde gebiede lyk die nuwe jaar ook meer rooskleurig.
Goeie reënneerslae is die afgelope tyd gemeet en is soos volg: Dwaalboom – 200mm, Makoppa – 150mm, Koedoeskop – 150mm, Leeupoort – 170mm, Northam – 130mm, Thabazimbi – 118mm en Sentrum met 80mm. Die stand van die omliggende damme is: Klipvoor- 45%, Roodekoppies – 60%, Swartklip – 50%, Hartbeespoort – 97% en Vaalkopdam is reeds 38% vol.