HFM krieket uitslae

THABAZIMBI – Spelers van die O/14 en O/15 krieketspanne van HFM is deur na die finale proewe wat 29 en 30 September en 1 Oktober tydens die skoolvakansie te Pietersburg plaasvind.
Die O/14 spelers is Michael Karremaker, Charlie Marais, Jaques Payne, Wimpie Pretorius en Marco Benade. Die O/15 spelers Arné Cilliers, André de Kok, Jan Beyers en Juan Brits.
Die eerste krieketspan het verlede Vrydag teen Piet Potgieter te staan gekom. HFM verloor die loot en word eerste ingestuur om te kolf. Hulle teken 236 lopies aan met die beste kolwers Jaco Prinsloo op 64 lopies en James Louw op 62 lopies.
HFM haal Piet Potgieter uit vir 166 lopies en wen die wedstryd met 80 lopies. Hul beste boulers was Ashley van der Hever met 2 paaltjies vir 10 lopies in 5 beurte. Jaco Prinsloo palm ook twee paaltjies in vir 10 lopies in slegs 4 beurte.