Sport

Gholfnuus

THABAZIMBI – Die foto van tannie Alida van Niekerk het verlede week die verkeerde byskrif gehad. Tannie Alida (78) is die oudste speler in die klub en nie soos die byskrif verwys na tannie Tokkie Theunissen nie. Tannie Tokkie was wel teenwoordig en haar man, Nick Theunissen was ook een van die stigterlede.
Daar was nie verlede Saterdag ‘n kompetisie nie. Die komitee sal gou en dringend na die verskynsel moet kyk. Die klub hoop dat dit maar net aan toevallige omstandighede toegeskryf kan word.
Al die ligaspelers speel op Saterdag, 17 September by die Thabazimbi gholfklub se baan. Dit is nie die gewone liga kompetisie nie, maar ‘n sosiale spel wat deur die vorige jaar se wenklub aangebied word. Daar sal 80 spelers vanaf 08:30 op die baan wees en daar sal dus geen ander spel wees nie.
Vanaf Vrydag 23 tot Sondag 25 September word die Bielie van die Bosveld op die klub se baan gespeel. Spelers kan vir al drie die dae inskryf of vir enige dag of dae. Die Bielie word egter oor Saterdag en Sondag se slagspel bepaal terwyl ander pryse oor Stableford punte bepaal word.
Vrydag, 30 September is dit weer Interaksie Gholf. Aangesien geen span nog op die wentitel kan aanspraak maak nie, kan Vrydag se spel dalk van deurslaggewende belang wees. Dit is dus belangrik dat almal opdaag.
Al die klub se lede word uitgenooi om gerus die mooi gholfkarretjies op die proef te kom stel. Van die manne wat dit al gedoen het vertel net hoe lekker die gholf nou is.