Sport

Hervormde Kerk – Fietswedrendag

SWARTKLIP – Die Northam Hervormde Kerk het op Saterdag 3 September ‘n fietswedrendag aangebied te Swartklip vir ‘n fondsinsameling vir die Kerk.
Die fietswedren het om 09:00 afgeskop en die inskrywings het behoorlik ingestroom. Dié wat krag in hul spiere het en hul moed nie in hul skoene verberg nie, het die 30km aangedurf. Vir die res was daar ‘n alternatiewe 10km afstand.
Die 30km wenner in die mans afdeling was George Louw met ‘n tyd van 49 min en 40 sek. Die wenner in die vroue afdeling vir die 30km afstand was Linelda Hiscock gegaan met ‘n tyd van 1h en 4 sek. Die wenner vir die 10km dogters afdeling was Ilsa-Marie Fourie met ‘n tyd van 15 min en 46 sek en Rudolph Dreyer stap weg met die eersteplek vir die 10km seuns afdeling met ‘n tyd van 17 min en 43 sek.
Die tweedeplek vir die 10km gaan aan Tarien Pieterse met ‘n tyd van 17 min en 4 sek. Die tweedeplek vir die seuns oor ‘n afstand van 10km is Manus Mouton (Junior) met ‘n tyd van 21 m en 35 sek.
Die aflos het om 12:00 begin. Spanne wat uit vier lede bestaan moes ‘n fiets deel vir hierdie afdeling. Die wenners van die mans aflosspan was die Spud shaft span en die vrouespan wenners was die “Skater Girls”. Die gemengde dogtersspan van Tarien Pieterse wen hul aflos afdeling en Manus en Janco se seunsspan loop weg met die eersteplek vir dié afdeling.
‘n Spesiale prys is Danie du Plessis toegeken vir sy bedagsaamheid teenoor die ander fietsryers (hy het gestop en gehelp met pap wiele).
‘n “Heart Rate Computer” ter waarde van R900 is ook uitgeloot. Phillip du Preez was die gelukkige wenner. ‘n Besonderse bedrag van R2000 is deur Francois Steyn en die Appy’s ingesamel wat net so aan die Hervormde Kerk geskenk is.