GKSA Diakenkonferensie
THABAZIMBI – Die Gereformeerde Kerk van Thabazimbi het die besondere voorreg gehad om 2 tot 4 September die jaarlikse diakenkonferensie van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika aan te bied.
Die konferensie is bygewoon deur sowat 300 diakens van 67 gemeentes oor die land. Diakens van sover as Reddersburg en Bloemfontein het die naweek in Thabazimbi deurgebring by plaaslike gastehuise, die hoërskool koshuis, familie en vriende.
Die tema van die konferensie “Diakens netwerk” het die sprekers prof Ben de Klerk en ds Ben Fourie daarin geslaag om die konferensiegangers se aandag opnuut te vestig dat bestaande en gevestigde netwerke nie net op instandhoudingswerk gefokus moet wees nie, maar meer op bou en uitbou van die kerk in sy omgewing, oor die hele land en die wye wêreld.
Die diakonie van die Gereformeerde Kerk, Thabazimbi het almal lidmate, inwoners en instansies bedank vir hul bydrae tot die sukses van die konferensie. “Thabazimbi is in die bos, nie agter die klip nie.”