Spiere bult en ego’s krenk

DWAALBOOM – Die armspiere het behoorlik gebult tydens die armdruk kompetisie wat tydens die Oesfees plaasgevind het.
Judy Jacobs, die vroue wêreldkampioen in armdruk, was ook in aksie te sien by hierdie geleentheid. Sy is verlede jaar aangewys as kampioen en is veral bekend vir die haar troktrek item. Sy sê dat indien sy geweet het dat die oppervlak by die feesterrein so gelyk was, sou sy definitief die item kon lewer.
Bertus Lourens van Swartklip, wat verlede jaar sesdeplek behaal het in die armdruk wêreldkampioenskap, was ook te siene, hy is tans in die proses om ‘n armdruk klub te stig.
Die sanger Freddie Mong se seun, Freddie Mong (jnr), is verlede jaar aangewys as Wêreld Kampioen in die 0/16 armdruk afdeling. Hy was die hele middag beskikbaar vir armdruk uitdagings.