Aandliga krieket uitslae
THABAZIMBI – Die Trentyre aandliga krieket wedstryd tussen Ray Mordt en HFM is die afgelope Dinsdag gespeel. HFM kolf eerste en behaal 124 lopies. Joe teken 34 lopies aan met Maurice en Tommie op 18 elk. HFM se beste boulwerk het gekom van James met 2/23 en Lourens met 2/22.
Ray Mordt word beperk tot 116 lopies en HFM wen die wedstryd met 8 lopies. Ray Mordt se beste kolwer is Werner met 41 lopies en Ettiene met 34 lopies. Hul beste bouler was Barend met 5/10.
Die liga word in ‘n pro 20 formaat gespeel en sewe spanne, Ray Mordt, Rhinos, Amandelbult, HFM, Swartklip, Driescon en Tyre Corporation, neem deel aan die liga. Wedstryde word Dinsdae en Donderdae om 18:00 by Thaba Park gespeel.