General

Polisie maan inwoners

THABAZIMBI – Die polisie maan inwoners om versigtig te wees nadat verlies van eiendom wat in die publiek verlore raak, by die polisie aangemeld is.
Volgens die polisie onttrek persone groot bedrae geld waarna dit in voertuie gelaat word wanneer die persoon die voertuig verlaat. Met die persoon se terugkeer word gevind dat die kontant uit die voertuig gesteel is. Dieselfde voorvalle waar selfone en ander waardevolle artikels gesteel is, word ook aangemeld.
Selfone word gegryp terwyl dit in die publiek gebruik word en die polisie sê hierdié voorvalle vind nie slegs in Thabazimbi plaas nie, maar kom oral voor. Handsakke en selfone wat openlik in kantore gelaat word sonder toesig, word ook as gesteel aangemeld.
Die polisie sê dat enige nalatigheid wat gevind mag word tydens hul ondersoeke na soortgelyke voorvalle, hulle dit met die klaer se betrokke versekeringsmaatskappye sal opneem. Die SAPD doen ‘n ernstige beroep op die publiek om nie geleenthede vir misdaad te skep nie.