Newcastle siekte in Vaalwater
Die gevreesde Newcastle siekte het in Vaalwater uitgebreek. Monsters van die hoenders wat reeds gevrek het, is weggestuur vir bevestiging. Daar is ook reeds gevalle in die Ellisras/Lephalale omgewing aangemeld.
Die siekte is uiters aansteeklik en alle pluimvee kan dit opdoen. Die virus val die asemhalings- en senustelsels aan. Minder gevalle kom in die Wes-, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voor terwyl Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat, Noordwes en Limpopo veel swaarder getref is.
Die siekte is fataal en word gekenmerk in die afname van eier produksie, sagte-dop of misvormde eiers, koors, hoenders se afname in eetlus, geel-wit diaree, rukkings van die hoender se kop en nek kan ook voorkom.
Die siekte kan voorkom word deur die gebruik van ‘n entstof wat by meeste aptekers beskikbaar is. Rapporteer enige verdagte voorvalle aan die staats veearts. Vir meer inligting kan dr ME Machedi gekontak word by (015) 491 2155/6 of 082 904 7429.