Laerskool Thabazimbi by Bosveld Expo
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se leerlinge het verlede Vrydag vertrek na Vaalwater vir die Bosveld Expo vir Wetenskap. Leerders het in Afrikaans en Engels hul voorleggings oor hul projekte, modelle en toestelle verduidelik. Die sertifikaat uitslae was as volg:
Corrie Minnaar (Diptoestel) – goud, Suzanne Janse van Rensburg (heuningby) – silwer, Reon Kemp (Tsunami) – silwer, Ewan Le Roux (piramides) – silwer, Chantelle Griffon (elektrisiteit) – silwer, Leon Oosthuizen (klippe en kristalle) – brons, Lee-Ann van Rauenstein (vulkaan) – brons, Roelene van Rensburg (elektriese speletjie) – brons en Emmery Helmstedt (propslot) – brons.
Drie van hierdie leerders, Corrie Minnaar, Suzanne Janse van Rensburg en Reon Kemp, word gekies om aan die Nasionale Expo te gaan deelneem wat op 30 September en 1 Oktober by die sportsentrum van die universiteit van Pretoria plaasvind.
Eskom, wat die Expo borg, het aan die span ‘n sak, waterbottel, Expo balkie en pen geskenk.