Loslit Dag vandag gevier
Loslit Dag word vandag gevier en hiérdie dag het alreeds diep in baie Suid-Afrikaners se harte gekruip, en na 10 jaar van pret, bewusmaking en fondsinsameling het die projek homself as die land se vooraanstaande projek vir persone met gestremdhede bewys.
Dit is wel waar dat daar al meer as R43.8 miljoen oor die afgelope 10 jaar ingesamel is, en dat hulle baie dankbaar is vir hierdie fondse , maar Loslit Dag wil eerder fokus op die verskil wat die Suid-Afrikaners se bydraes gemaak het in die veld van gestremdheid.
Van fondse wat tydens die 2004 veldtog ingesamel is (R8.3 miljoen), het Uitenhage Geestesgesondheid ‘n nuwe voertuig aangekoop, Re Tlameleng Skool vir Dowes het hul geld gebruik om gehoorapparate mee te koop. Hierdie is maar enkele voorbeelde van die verskil wat jou R10 donasie gemaak het.
Hierdie jaar pleit Loslit Dag weereens dat jy jou hart oopmaak vir persone met gestremdhede. Wys dat jy omgee en “dra jou hart op jou mou”. Die R10 plakkers is verkrygbaar by enige Absa, Game, Dion, en deelnemende welsynsorganisasies of via www.loslitdag.co.za