HFM krieket uitslae
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se O/15 krieketspan het verlede Dinsdag, 23 Augustus teen Hans Strydom, Naboomspruit, te staan gekom. HFM kolf eerste en behaal 200 lopies in die toegelate 35 beurte. Hans Strydom kolf tweede en word almal uitgehaal vir 160 lopies in die 30ste beurt. HFM se beste kolwers was Jacques Payne (65), Jan Beyers (41) en Marco Benade (26) en die beste boulers was Jacques Payne, 5 vir 39 in 6.2 beurte en Arne Cilliers, 3 vir 21 in 4 beurte, HFM wen met (40) lopies.
Verlede Saterdag speel die O/15A span teen Hoërskool Nylstroom. HFM wen die loot en besluit om eerste te kolf. Hulle teken 202 lopies aan in die toegelate 40 beurte. Nylstroom word uitgehaal vir 55 lopies in die sestiende kolf beurt. HFM se beste kolwers is André de Kock (39) en Arné Cilliers (32). Die beste boulers was Arné Cilliers, 6 vir 8 in 5 beurte en Jan Beyers met 3 vir 6 in 3 beurte.