Entertainment

Roosterbrood sorg vir lekker opskop musiek

THABAZIMBI – Roosterbrood, die Afrikaanse groep wat vir die lekker musiek in die biertent tydens die Thabazimbi Expo gesorg het, het Saterdag weereens hier in Thabazimbi opgetree toe hulle musiek by Bonanza gemaak het. Oud en jonk het vanaf 20:00 die aand tot vroeg die oggend lekker litte losgemaak.
Anton Roos en sy broer Martin was dit eens dat die gees op Thabazimbi vir so ‘n klein dorpie uitstekend is en sal mens hulle beslis weer hier sien. Die twee het in Rustenburg grootgeword en is nou in Pretoria woonagtig. Anton sing reeds vir die afgelope twaalf jaar en dit is nou maar eers drie jaar dat hy sy jonger broer Martin by sy musiekmakery betrek het.
Die groep tree ook gereeld tydens funksies en onthale op. Roosterbrood se CD’s is ongelukkig nog nie in die musiekwinkels beskikbaar nie, maar indien u sou belang stel om ‘n CD te bekom, of hulle wil bespreek, kan u dit doen deur 083 283 1891 te skakel.