General

Laerskool TBZ kuier by Marakele

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se Gr 5 dogters het die afgelope Dinsdag na Marakele Nasionale Park vertrek op ‘n uitstappie van twee dae. Die uitstappie word moontlik gemaak deur Pick ‘n Pay, SANparke, departement van onderwys en die departement van omgewingsake en toerisme.
Pick ‘n Pay het vier busse gekoop, bekend as die “Kids in Parks” busse, wat laerskool leerlinge regoor die land vervoer op uitstappies na SANparke. Die busse is afkomstig van die Kaap en het deur die jaar reeds vyf parke besoek. Daar is 21 parke.
Op hierdie uitstappies word leerders die geleentheid gegun om meer te wete te kom oor die natuur en die bewaring daarvan. Aktiwiteite sluit wildbesigtiging, voer van wild en nog vele meer in.
Daar is geen kostes vir die ouers verbonde aan hierdie uitstappies nie en vervoer, verblyf en etes word deur bogenoemde organisasies geborg. Die Gr 5 seuns se uitstappie vind in September plaas.