Twee oorwinnings vir plaaslike bergfietsryer

THABAZIMBI – Die plaaslike bergfietsryer, Riaan Nagel, het reeds vanjaar twee oorwinnings behaal. Vroeër vanjaar het Riaan met die louere weggestap toe hy die Lion Man trofee in die veteraankategorie verower het tydens die Mabalingwe Lion Man wedren. Met dié ren oor ‘n afstand van 35 km, eindig hy algeheel derde met ‘n tyd van 1uur 24 min uit ongeveer ‘n duisend deelnemers.
Riaan het ook in die afgelope Kierieklapper Mutual & Federal wedren, die veteraan kategorie gewen toe hy met ‘n tyd van 3uur 6min 49sek, oor ‘n afstand van 70 km, stof in die ander ryers se oë getrap het.