Kumba dames reik uit na gemeenskap

THABAZIMBI – Die Vrouedag viering, wat deur Kumba Resources, Thabazimbi aangebied was, het op 5 Augustus plaasgevind. Daar is besluit om ‘n skenking  aan een van die organisasies in Thabazimbi, wat gemeenskapsdiens lewer, te maak.  Nadat ondersoek ingestel is, is besluit dat die fondse geskenk sal word aan die New Life Centre van Jan en Hester Pelser.
Die New Life Centre lewer ‘n onbaatsugtige diens wat insluit ‘n daaglikse voedsel skema en kleding aan behoeftige kinders van die Regorogile woongebied.  ‘n Tjek ter waarde van R5 000.00 is deur Allen Butcher, waarnemende Mynbestuurder, aan Hester Pelser oorhandig.
Die dames wat die Vrouedag geleentheid bygewoon het, was dit eens dat die uitsonderlike geleentheid en groot bederf hulle werklik spesiaal laat voel het. By die Vrouedag viering, is twee naweek pryse uitgeloot by Kukama Lodge en Makutu farms. Fondse wat ingesamel is deur die verkoop van die kaartjies, in die bedrag van R2330, is ook geskenk aan die New Life Centre. Cornelia Holtzhausen het die oorhandiging behartig.