General

HFM sport uitslae

Rugby: Hoërskool Frikkie Meyer se eerstespan (naaswenners van Noordwes) het verlede Saterdag met Ben Viljoen (naaswenners van die Leeus) kragte gemeet en klop Ben Viljoen 20-13.
Die westryd het in Randfontein op Ben Viljoen se veld plaasgevind. HFM se eerstespan speel more teen Ben Vorster, Tzaneen in die kwarteindrondte van die Beeld Trofee. Die wedstryd vind op Tzaneen se veld plaas en skop om 11:20 af.
Hokkie: Beide die O/14A- en Blue Chip eerstespan het die afgelope naweek as naaswenners van die Noorwes Provinsie uit die stryd getree. Die O/14A span kom more teen Ermelo te staan en die Blue Chip eerstespan teen Hoogenhout, Bethal in die Noordvaal kompetisie.