Thaba Rugbyklub by Mining News Rugby-week

Jan Engelbrecht

THABAZIMBI – Thabazimbi Rugbyklub het verlede week aan die Mining News Rugby-week, wat op Rustenburg aangebied is, deelgeneem.
Daar was twee afdelings en Thaba, wat onder die vaandel van Amandelbult Myn deelgeneem het, was ingedeel in ‘n afdeling saam met Impala, Harmony en Driefontein.Die ander afdeling was RPM Rustenburg, Union,Kloof en Deelkraal.
Amandelbult Bushveld rugbyspan het sy eerste wedstryd teen Driefontein maklik met 47-15. Daarna het die Bushveld span Vrydag teen Impala van Rustenburg te staan gekom. Dit was ‘n reuse wedstryd waar nie een van die spanne wou toegee nie. Impala het eerste punte aangeteken en met 7-0 voorgeloop.
Amandelbult se regtervleuel, Eric Mdyogolo, het net voor rustyd
‘n drie gaan druk wat ongelukkig nie verdoel is nie. Met lemoen-tyd
was die telling 7-5 in Impala se guns. Na rustyd wou die
twee spanne net nie kopgee nie en daar was geen deurkom kans vir enige
span nie. Impala wen die wedstryd toe 7-5.
Amandelbult het Saterdag teen Harmony gespeel en wen die wedstryd maklik met 33-6. Impala speel in die finaal teen RPM Rustenburg en wen met 43-7. Amandelbult kry die brons medaljes vir die span wat derde geëindig het.
Hierdie week speel Thabazimbi teen Union op Thaba se tuisveld. Die
wedstryde vind plaas om 19:00 en 20:00.
Kom ondersteun die rugby. Lekker eetgoed en ‘n groot
verskeidenheid drinkgoed sal beskikbaar wees.