Nuwe apparaat kan groot rol speel in bekamping van vigs, malaria en tuberkulose
‘n Revolusionêre apparaat, die eerste van sy soort in die wêreld, wat ‘n reuse bydrae kan lewer tot die bekamping en behandeling van MIV Vigs, malaria en tuberkulose ontlok tans belangstelling by wetenskaplikes vanoor die hele land. Die Spektrale laserskandeer konfokale mikroskoop word tans deur ‘n Nederlandse lasertoepassingspesialis by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit aan belangstellendes gedemonstreer.
“Die apparaat kan kwalitatiewe en kwantitatiewe ontledings van lewendige monsters soos byvoorbeeld die vel, bloed en organe doen. Dit kan ook parasiete en bakterieë ontleed. Omdat die apparaat met laser werk kan mens onder die oppervlak van die monster kyk wat ontleed word. Die apparaat vorm dan ‘n driedimensionele beeld van die monster. Wanneer ‘n geneesmiddel dan by die monster gevoeg word kan daar in aksie gesien word wat die effek van die geneesmiddel op die infektiewe organisme is wat die sel of weefsel infekteer. Mens neem dus die effek van die geneesmiddel op die organisme waar terwyl dit besig is om plaas te vind,” het me Anne Grobler, van die Skool vir Farmasie by die NWU se Potchefstroomkampus verduidelik.
Volgens me Grobler kry mens met die apparaat as’t ware die ontleding van diedie molekulêre ontledingpakking of verspreiding ( spektra) van die molekule betrokke by van die proses wat plaasvind en is dit ‘n eerste in die wêreld. In die farmasiepraktyk beteken dit mens kan nou konsentrasies bepaal – mens kan nie net sien wat gebeur nie, maar ook wat nodig (hoeveelheid) is om te gebeur. Die effektiwiteit van entstof vir die bekamping van siektes soos malaria en tuberkulose kan effektief gemonitor word. Die respons op die dosisbehandeling kan ook effektief ontleed word.
Die Spektrale laserskandeer konfokale mikroskoop kan teen sowat R2,5 miljoen aangekoop word. Daar is wel voorheen van mens konfokale mikroskope gebruik gemaak, maar volgens Grobler kan die nuwe apparaat verrykende gevolge inhou in die mediese wêreld in die bekamping van siektes soos MIV Vigs, malaria en tuberkulose. Vir meer inligting kontak Anne Grobler by (018) 299-2273.