HFM eerste rugbyspan in eindstryd op tuisveld
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se eerste rugbyspan speel more op hul tuisveld in die eindstryd vir die Noordwes Provinsiale wenners. Die eerstespan gaan kragte meet met Volkskool, Potchefstroom.
Vier wedstryde word gespeel om die Provinsiale wenners in die verskillende ligas te bepaal. Die eerste wedstryd skop reeds om 09:00 af wanneer KHS (Klerksdorp Hoërskool) se O/14 span teen Rustenburg Ou Hoër te staan kom. Hierdie wedstryd word opgevolg deur die O/15 spanne van KHS en Rustenburg Ou Hoër waarna die O/16 spanne van KHS en Lichtenburg dit gaan uitspook. Die hele Thabazimbi gemeenskap en omgewing word genooi om hierdie opwindende dag saam met HFM se trotse eerste span te kom deel.
Verversings te koop aangebied word, en ondersteuners is welkom om hul eie vleisie langs die veld te kom braai. Thabazimbi se toeskouers sal die kele goed opwarm vir die Springbokke se wedstryd later die dag teen Australia – die luidrugtige ondersteuning by HFM kan hopelik bydra dat die Springbokke (dalk) één drie kan druk!