Tyre Corporation beding vir jou
THABAZIMBI – Tyre Corporation open vandag, Vrydag 1 Julie 2005, in Thabazimbi. Twee ou bekendes in die bande bedryf, Pieter Viljoen en Riaan Pretorius, is mede-eienaars van Tyre Corporation.
Pieter het 15 jaar ondervinding en Riaan agt Jaar. Pieter was deur sy vorige werk na Rustenburg verplaas, maar Thabazimbi se vriendelike mense het hy so gemis, dat hy terug gekeer het.
Tyre Corporation is ‘n nuwe groep-maatskappy. Hulle ondersteun slegs bekende en betroubare bandmaatskappye soos Dunlop, Firestone, Continental en ander wat alreeds bewys het dat hulle gehalte lewer. Hulle beding egter vir goeie pryse en gee dit deur direk na die kliënte.
Die maatskappy het hulle eie versolingsfabrieke, sodat hulle self ‘n oog kan hou op die gehalte.
Pieter en Riaan nooi almal vriendelik uit om ‘n draai by hulle perseel in Vanderbijlstraat te maak. Dit is die perseel langs die laerskool, waar Muhl’s Motors eers was.