Speurtak verwelkom nuwe inspekteur
THABAZIMBI – Die plaaslike speurtak het inspekteur Blok Pretorius verwelkom wat amptelik vanaf 16 Mei by hulle aangesluit het. Inspekteur Pretorius het 13 jaar vir die veediefstaleenheid gewerk en is van Nylstoom verplaas na Thabazimbi Speurtak.
Alhoewel Thabazimbi nie ‘n veediefstaleenheid het nie, het inspekteur Pretorius by die speurtak aangesluit en sal hy met sy kennis op hierdie gebied, ‘n groot aanwins wees vir die Thabazimbi gemeenskap en -omgewing.