Ontwikkelingspanne het hoë prioriteit
Jan Engelbrecht
THABAZIMBI – Net soos in die res van die land neem die platteland ontwikkeling in rugby onder agtergeblewenes baie ernstig op.
Saterdag was daar ‘n baie goeie voorbeeld daarvan toe twee ontwikkelingspanne van onderskeidelik Thabazimbi en Phagameng teen mekaar gespeel het as voorwedstryd op die Ben Albertsdag wat op Thabazimbi plaasgevind het.Die skeidsregter van die wedstryd, Eric Mdyogolo, het ook vir Thaba se eerstespan uitgedraf. Die afrigter van die span, Zani Zanendaba, het ook as lynregter vir die eerstespan opgetree saam met die skeidsregter van die tweedes, Johannes Mantsho van BBRSV.
Freddie Chisi, die ontwikkelingsbeampte van die Blou Bulle, was baie beïndruk met wat hy hier ondervind het en daar behoort ‘n goeie verslag na die Blou Bulle en SARA te gaan.