General

Speurders arresteer 51 verdagtes

THABAZIMBI – Die plaaslike speurtak, met ‘n bemanning van sewe speurders, het verlede Woensdagaand op ongeveer 100 dossiere gewerk en 51 arrestasies in die Thabazimbi omgewing uitgevoer. Lasbriewe was vir hierdie persone uitgereik vir onder meer huisbraak, diefstal uit motorvoertuie, diefstal van motorvoertuie, aanranding en verkragting.
Verdere arrestasies word binnekort verwag en die speurtak het die publiek bedank vir hul voortdurende ondersteuning en inligting. Inspekteur Sakkie Louwrens, speurhoof, het gesê dat die inligting wat deur die publiek ontvang word, vertroulik hanteer word en dat hierdie inligting dikwels tot arrestasies van ernstige verdagtes en oortreders lei.