General

Taakspan vind nege gesteelde voertuie

THABAZIMBI – Die plaaslike Taakspan het verlede week nege gesteelde voertuie in Hammanskraal (8) en in Pretoria (1) teruggevind. Drie van hiérdie voertuie is in Thabazimbi gesteel (een daarvan tydens die afgelope Wild en Toerisme Expo) en die ander ses in die Nylstroom- en Pienaarsrivier omgewing.
Die Mazda bakkie wat in Pretoria teruggevind is, het by ‘n handelaar op die vloer gestaan. Sy enjin- en onderstelnommers was reeds verander. Na bewering het die motorhandelaar nie kennis gedra dat dit ‘n gesteelde voertuig was nie en sy volle samewerking aan die Taakspan gegee. Die bakkie is huidiglik by die plaaslike polisiekantoor.
Nadat inligting van die publiek ontvang is, is daar ook arrestasies in die Wintersveld omgewing gedoen. Die polisie het op gesteelde vuurwapens en goedere beslag gelê. Sedert hierdie afgelope week se arrestasies deur die polisie, het die inbrake en diefstalle reeds begin afneem.