Laerskool Thabazimbi by Eisteddfod

THABAZIMBI -Die afgelope twee weke het sewe van Laerskool Thabazimbi se leerlinge aan die Beeld Eisteddfod te Pretoria deelgeneem. Dit was ook die eerste keer dat die leerlinge vir die Drama-afdeling ingeskryf het. Dié kompetisie word in die middag en aand beoordeel en maak dit nie altyd vir die ouers moontlik om die kinders te neem nie. Die Drama-afdeling alleen het ongeveer 1500 deelnemers gehad. Die uitslae was as volg:
Erran le Roux (Gr 2) – B+, Gerdri Eloff (Gr 2) – A, Marissa Lötter (Gr 3) – A, Clintin Brummer (Gr 4) – A+, Martin Meintjies (Gr 7) – A+, Corli-Elize van den Berg – A en Stefan van Tonder – A+. Oor die volgende twee weke sal nog drie leerlinge hul slag gaan wys.