General

Dames hou kuieroggend

THABAZIMBI – Die dames van Thabazimbi, Setaria en Amandelbult het verlede Saterdag 14 Mei ‘n heerlike kuieroggend gehou. Annemarie Genis, bekende spreekster en predikantsvrou van Potgietersrus, het die dames toegespreek.
Annemarie het nie net die groepverband toegespreek nie, maar vir baie kon sy ook persoonlik bedien. ‘n Woord van dank het ook gegaan aan die dames wat hard gewerk het om die oggend moontlik te maak. Daar is heerlik om die broodtafel gekuier en hierdie dames beplan om weer so te maak.