Nuwe Leierskap by AGS Gemeente

THABAZIMBI – Die AGS Gemeente het met groot opgewondenheid en dankbaarheid verlede naweek vir Jannie en Doretta Ras in hul midde verwelkom. Die Ras egpaar is geen onbekendes aan die Thabazimbi Gemeente nie. Hulle bediening het hulle die afgelope drie jaar dikwels Thabazimbi toe gebring.
Hulle is vroeg in 2005 deur die AGS Gemeente, Thabazimbi beroep en het besluit om die tuig by Creare Internasionaal, waar hulle die afgelope paar jaar lede was, neer te lê.  Die Ras egpaar is oortuig dat hulle ‘n belangrike rol in die gemeente en gemeenskap van Thabazimbi gaan speel.
Hulle sal nie net in die plaaslike gemeente as mede leraarspaar dien nie, maar beoog om in die nabye toekoms ook ‘n Christelike Kunsteskool met opleiding in musiek, drama, kuns en multi-media, Creare Ministries Internasionaal te vestig.