Geliefde oud-inwoner van Thabazimbi oorlede
THABAZIMBI – Oom Llewellyn van Zyl (76 jaar), bekende – oud inwoner van Thabazimbi is Maandag 16 Mei 2005 na ‘n kort siekbed in Unitas hospitaal oorlede.
Hy was werksaam vir Spoornet in die vroeër vyftiger- en sestigerjare, waarna hy by Iscor (vandag Kumba) werksaam was en op 63 jarige ouderdom op pensioen gegaan het.
Hy was 46 jaar getroud met tannie Tallie wat hom ontval het in Augustus 2000. Hy het daarna na Witbank verhuis om by sy kinders te woon. Daar was hy aktief betrokke by die kerk en die Protea groep. Hy laat sy twee dogters, Denise en Hilda, twee skoonseuns en vier kleinkinders na. Die begrafnis vind vandag, Vrydag 20 Mei 2005, om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk, Vliegepoort gemeente plaas.