General

IMATU Pretdraf en -stap 2005

Maandagoggend 2 Mei 2005 was ‘n redelike koue herfsoggend, maar die stappers en drawwers het hulle nie deur die koue laat afsien nie.
‘n Rekordgetal inskrywings is hierdie jaar ontvang, danksy die stappers van die Voetslaanklub. Hulle het die pretstap sommer as ‘n oefenlopie beskou (met rugsakke) voor hulle die Grand Canyon in Namibië aandurf.
Oom Soon de Clercq was weereens ‘n staatmaker, en was wel die enigste veteraan inskrywing, maar het hom soos gewoonlik uitstekend van sy taak gekwyt. Hy kan vir baie jongelinge ‘n voorbeeld wees!
Nagenoeg 20 laerskoolleerders van Northam het ‘n bietjie laat opgedaag, maar die organiseerders het sommer gou ‘n plan gemaak dat hulle ook aan die pret kon deelhê. Elkeen het ‘n T-hemp ontvang en weggespring op ‘n 200 meter wedloop. Hulle was almal baie trots om ‘n sertifikaat te ontvang, en het elkeen ook ‘n worsbroodjie en koeldrank as troosprys gekry.
Almal is dit eens dat hierdie jaar se Imatu pretdraf en -stap ‘n reuse sukses was, en ons hoop om volgende jaar nog meer inskrywings te lok.