General

Thabazimbi Expo trek duisende

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo wat die afgelope naweek aangebied is, het weereens duisende mense van regoor die land getrek, weereens ‘n bewys van die behoefte wat daar bestaan om na die platteland weg te breek.
Hierdie fees is een van die oudste dorpsfeeste in die land en die standaard van aanbiedinge verbeter jaarliks. Neil Sandilands, wat as aanbieder op die hoofverhoog opgetree het, het groot byval by besoekers aan die Expo gevind. Die uitstekende standaard van die hoofverhoog asook van die kunstenaars wat daar opgetree het, was ‘n ongekende hoogtepunt vir hierdie fees.
‘n Toevoeging tot vanjaar se Expo was die Sondagprogram wat die oggend reeds met ‘n erediens en Gospelsangers afgeskop is. Dit het egter nie net hierby gebly nie en aanbiedinge soos die Ready Steady Bush Cook-out program, wat deur Neil Sandilands en William Blackrose behartig is, boeresport kompetisie en die optredes van Klopjag en die Halleluja vir Dowes optrede, het steeds die dag heelwat besoekers vermaak.
Die organiseerders kan geluk gewens word vir ‘n uitstekende fees wat beslis in die toekoms deur nog meer besoekers ondersteun sal word as hulle op hierdie trant voortbou.

Meer inligting oor die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo hier