Ready Steady Bush Cook-out saam met William Blackrose

THABAZIMBI – Verlede jaar se gewilde Ready Steady Bush Cook-out word weer vanjaar tydens die Thabazimbi Expo aangebied.
Die Cook-out word Sondag vanaf  12:30 voor die hoofverhoog aangebied met William, wat ‘n kok van formaat is, aan die leisels. Voor die Cook-out sal William ‘n kort programmetjie op die verhoog lewer waarna die kokery in alle erns gaan begin.
Net soos verlede jaar gaan deelnemers nie weet wat aan hulle voorgehou gaan word om voor te berei nie en beloof dit om baie interessant te wees. Vanjaar se bestanddele hou beslis ‘n groot verrassing in.
Die deelnemers aan hierdie Cook-out sal uit die deelnemers van die vorige dag se potjiekoskompetisie aangewys word. Maak dus maar jou spannetjie bymekaar vir die potjiekoskompetisie en dalk word jy aangewys as deelnemer aan hierdie pret-kokery.
Net soos verlede jaar is Pick ‘n Pay Thabazimbi die borge van hierdie Cook-out. Die prys is ‘n gratis challet vir ‘n naweek by Dikhololo, geborg deur Dikhololo. Die program word so skuins voor etenstyd aangebied en almal wat verlede jaar se aanbieding bygewoon het weet hoeveel vermaak en pret hierby betrokke is.
Sorg dus dat jy vanaf 12:00, net voor William sy buiging op die verhoog maak, reeds op jou plek by die hoofverhoog is.

Lees meer oor die Expo hier