Polisie versoek
THABAZIMBI – Die plaaslike SAPD versoek alle besighede om asseblief dringend noodnommers in hul ruite of glasdeure aan te bring sodat persone gekontak kan word in geval van nood. Dit vergemaklik ook die polisie se werk en bespoedig opsporing van die regte persoon.