Gesteelde goedere teruggevind

NORTHAM – Gesteelde goedere ter waarde van R20 000 is hier teruggevind na vier huisbrake. ‘n 31 Jarige verdagte is op 2 April gearresteer deur kaptein Mamonyane en konstabel Modise. Die verdagte het reeds in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot 13 April. Die klaers in die vier sake het reeds hul goedere geïdentifiseer en teruggekry.
In ‘n tweede voorval is gesteelde goedere ter waarde van R52 000 langs die pad buite Northam teruggevind deur Sup Schmidt, Kaptein Mamonyane, Inspekteurs Robinson en Monyenge en konstabels Modise en Manyunga. Die goedere is op 2 April gesteel en langs die pad gelaat. Die klaer het reeds die goedere uitgeken en dit is aan hom terugbesorg.
Die verdagte is nog opsoek en enigiemand met inligting kan Inspekteur Mochampi kontak by 073 278 5771.