Laerskool TBZ O/10 rugbyspan triomfeer
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se O/10 rugbyspannetjie het met hul toer die afgelope vakansie getriomfeer. Hierdié span wen die trofee vir onderskeidelik die span met die meeste drieë en die span met die mees aanskoulikste rugby van die week. Die O/9 en O/10 rugbyspanne het aan die Sonskyn Rugbyweek te Marble Hall, 22 tot 24 Maart, deelgeneem. Op die koop toe ontvang Laerskool Thabazimbi die trofee vir die skool met die mooiste gedrag, dissipline en gees. Elf van hierdie twee spanne se spelers word ook gekies vir die Top 20-spanne. Die O/10 span wen al vier hul wedstryde en die O/9 span twee van hul vier wedstryde.