General

Laerskool Platina Pretdag reuse sukses

SWARTKLIP – Laerskool Platina het op 17 Maart ‘n reuse Pretdag gehou, en dit was voorwaar ‘n reuse sukses. Dis alles deel van ‘n fondsinsamelings projek om lugreëlings aan te skaf. Leerkragte, leerders en ouers het saamgespan om van die dag ‘n sukses te maak. Geverfde gesigte, speletjies, perdry, quadbikes, waterglybane en baie ander vermaaklike speletjies was aan die orde van die dag. Eetgoed vir Afrika was op die spyskaart, van warmbrakke tot spookasem. Die grootste aantrekkings krag was natuurlik die spookhuis. Menigte het dit gewaag en met baie lam knee daar uitgekom. Moontlik het die gees van Dawid Rosekrans daar rondgesweef! Laerskool Platina wil graag die manne bedank wat die spookhuis gebou het, asook die ouers vir al hul hulp. Platina se leerkragte het ook laat blyk dat die dag was ‘n reuse sukses was as gevolg van die goeie gees wat by hul skool heers.