General

Wildsvleispastei vir elke bosveld vrou – Vroueblad

Wildsvleispastei vir elke bosveld vrouGenoeg vir 6 mensie
Kors
* 1 ½ k bruismeel
* ¼ t sout
* ½ k kookvet
* ½ k suurroom
* ½ t droë pietersielie

Voorverhit oond tot 180 C. Smeer bak met botter. Sif  bruismeel en sout vir kors saam. Rasper kookvet by en vryf in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg suurroom by en meng tot stywe deeg. Draai in kleefplastiek toe en bêre in yskas tot benodig.

Vulsel
* 2 kg beenlose wildsvleis in blokkies gesny*
* 500 g beenlose vet skaapvleis in blokkies gesny*
* sout en peper*
* 2 uie fyn gekap*
* 2 e fyn gemaalde knoffel*
* 1 groenrissie*
* 1 k swartbessiesap (verhit)*
* ½ k soet “chillie” sous (enige maak)*
* 100 ml rooi wyn
* 15 ml koljander
* 1 t gemengde speserye
* ½ t naeltjies (opsioneel)
* ½ k suurroom
* 1 geklitste eiergeel

Geur vleis na smaak emet sout en peper en braai in verhitte olie tot bruin. Skep uit en soteer die ui, knoffel en groenrissie in dieselfde pan tot sag. Voeg die vleis, verhitte sap, “chillie” sous, rooiwyn, koljander, gemengde speserye en naeltjies by.
Verlaag hitte en laat prut tot vleis sag is. Verwyder van hitte en roer die suurroom by. Skep in bak.
Rol die deeg 7 mm dik uit. Bedek die vulsel met die deeg, sny kante netjies en druk stewig vas. Verf die deeg met geklitste eiergeel en strooi gedroogde pietersielie bo-oor. Bak vir 25-30 minute tot kors gaar en goudbruin is.