General

Lintborduur – Vroueblad

Lintborduur is nie net by die groot stede ‘n nuwe kuns-gogga nie, maar hier in ons midde is die vroue ook hard aan die werk met hierdie fynkuns. Betsie Swart sê die gogga het haar sowat agtien maande gelede gebyt en nou kan sy nie ophou nie. Jy koop jou lap met jou prentjie afdruk en nodigste bykomstighede (lint). Hierby kan jy dan speel met krale, vere wol en nog vele meer. Betsie sê die enigste nadeel is net dat lintborduur benodigdhede nog nie in Thabazimbi beskikbaar is nie en al haar aankope in Pretoria geskied. Die moeilikste en tydrowendste van lintborduur is om die klein blommetjies te maak. Dit is so fyn, dat dit op tandestokkies gerol moet word.