General

Jy kán jou tiener liefhê – Vroueblad

Die tienerjare is die moeilikste tyd in die ouer-kind-verhouding omdat ouers en tieners dikwels nie op dieselfde golflengte ingeskakel is nie. Ouers het dikwels ‘n wanopvatting oor adolessensie en stel dan onrealistiese verwagtings wat op teleurstelling afstuur. Boonop wys ouers nie altyd hulle liefde op ‘n manier wat tieners kan verstaan en veral ervaar nie. Tieners wil hulle ouers se liefde voel en nie net in woorde hoor nie.
In Jy kán jou tiener liefhê! Gee dokter Campbell praktiese idees wat by ouers ‘n stewige, gebalanseerde benadering tot hulle tiener sal vestig. Die vaardighede in hierdie boek sal hulle help om onvoorwaardelike liefde te kommunikeer, tienerwoede en tienerdepressie te hanteer, en om tieners geestelik en intellektueel te help groei.
Dis tyd dat ouers hulle regruk, want hulle is rolmodelle vir vandag se tieners. Wanneer hulle dokter Campbell se raad toepas, sal hulle die wonderlike vrugte daarvan pluk. Ouers en tieners sal nader aan mekaar groei en verras word deur die vreugde wat so ‘n verhouding kan bring.
Jy kán jou tiener liefhê! Gee raad oor hoe om tieners lief te hê sodat hulle hulle volle potensiaal kan verwesenlik. Dis ‘n boek wat elke ouer móét lees ten einde ‘n vrugtevolle bydrae tot sy tiener se ontwikkeling te lewer.
Hierdie sagtebandboek is vandeesmaand by El Shaddai Christelike Boekwinkel in die Pick ‘n Pay sentrum beskikbaar teen R79-95.