Soufflé Glacé – Vroueblad

8 porsies

Bestanddele
8 groot eiers by kamer temperatuur
1 koppie suiker
1 eetlepel kitskoffie poeier
2 eetlepels kakao poeier
1 eetlepel vanilje geursel
1/2 koppie Godiva liqueur
3 1/2 koppies room

1. Vou waks- of ryspapier stroke in die lengte en sprei met ‘n baksprei. Maak vas om 8 medium ramekins om ‘n 8cm kraag te maak, gebruik “tape”. Plaas die ramekins op ‘n bakplaat.
2. Plaas eiers, suiker, koffie en kakao poeier in ‘n dubbelkoker. Plaas oor warm, nie pruttende water totdat die mengsel verdik, roer aanhoudend. Verwyder van hitte. Voeg vanilje geursel en die liqueur by en meng goed. Verkoel heeltemal.
3. Klop die room in ‘n groot mengbak totdat dit sagte punte vorm, gebruik ‘n elektriese menger teen ‘n medium tot hoë spoed. Vou die room in die eiers, ‘n kwart op ‘n slag. Verdeel die mengsel tussen die ramekins. Vries.

Om te bedien: Verwyder die kragies en versier met gerasperde donker sjokolade.