General

Dubbele fudge versierde “brownies” – Vroueblad

Dubbele fudge versierde “brownies”
9 “brownies”
Brownies:
1/2 koppie ongesoute botter, sny met eetlepel
1/2 koppie ligte bruinsuiker
5 stafies donker sjokolade, gekap
3/4 koppie suiker
3 groot eiers
1 1/2 teelepels vanilje geursel
1/2 koppie meel
1/2 teelepel sout

Versiersel
3 eetlepels ongesoute botter, met eetlepel gesny
1 staffie donker sjokolade
1 stafie melk sjokolade
1 1/2 koppies fyn suiker, gesif
knypie sout
1/4 koppie room
1 teelepel vanilje geursel

Versiering
1/4 koppie gekapte okkerneute

Maak van brownies:
1. Voorverhit die oond tot 350°C. Voer ‘n 32cm vierkantige bakpan uit met alumium foelie sodat die foelie 8cm aan die bokant van die bak uitsteek. Smeer die onderkant en die kante van die bakpan liggies met botter.
2. Neem ‘n medium grootte kastrol, gooi die botter stukke, bruin suiker en sjokolade saam. Verhit oor lae hitte, roer aanhoudend tot die botter en sjokolade begin smelt en die mengsel glad is. Gooi in ‘n medium mengbak.
3. Roer die suiker met ‘n houtlepel in. Roer dan die eiers, een op ‘n slag in, tot daar nie meer eiergeel sigbaar is nie. Meng die vanilje geursel. Voeg die meel en sout saam met meng vinnig tot die mengsel glad en glansend is. Skraap die deeg in die voorbereide pan en maak die bokant glad met ‘n spatula.
4. Bak die brownies vir 35-40 minute totdat ‘n koektoetser wat in die middel van die gebak gedruk word ietwat vogtig uitkom. Moenie oorbak nie! Plaas die pan op ‘n afkoel rak en laat vir 45 minute afkoel. Gebruik twee kante van die foelie as handvatsels, lig die brownies uit die pan. Sit op ‘n afkoel rak en trek die foelie af. Laat heeltemal afkoel. Die brownies sal op die gladde kant versier word.

Maak van versiersel
1. Plaas botter en sjokolade in ‘n medium grootte kastrol. Verhit oor lae hitte, roer die heeltyd  tot die botter en sjokolade gesmelt is en die mengsel glad vertoon. Gooi in ‘n mengbak van ‘n elektriese klitser. Op lae spoed, gooi helfte van die suiker en sout by en dan helfte van die room. Vermeng die laaste suiker en room. Klop die vanilje geursel by. Meng nou op medium spoe vir 30 sekondes of tot glad en glansend.
2. Sprei die versiersel oor die ongesnyde brownies, maak dit so glad as moontlik. Versier die bokant met gekapte okkerneute, soos verlang. Sny in 9 blokke en bedien by kamer temperatuur. Bedek en stoor in lugdigte houer in yskas vir tot 3 dae. Bring dit eers tot kamer temperatuur voor bedien.