General

Frikkie Meyer se restaurant-aand ‘n lekker bederf – Vroueblad

Hoërskool Frikkie Meyer se Gr 10, 11 en 12 leerlinge hou kwartaalliks ‘n restaurant-aand waartydens die spysenier-leerlinge die kans gegun word om hul voorbereiding en bediening op die proef te stel.
Met die restaurant-aande, verkoop die leerders hul kaartjies uit en word die fondse aangewend om toerusting en apparate aan te koop. Hulle het onlangs ‘n nuwe kisvrieskas aangeskaf. Die restaurant is op die skoolperseel geleë en die kelners se bediening is uit die boonste rakke. Die disse word spoggerig voorgesit en daar word heerlik geëet met rustige musiek in die agtergrond.
Vanjaar faseer huishoudkunde uit en is die huidige matrieks die laaste leerlinge wat hierdie vak sal neem. Die huidige Gr 10 en 12 leerders is reeds besig met die vak nou bekend as “spyseniering”. Na afloop van hul Gr 12 eksamen, is hul kwalifikasie gelykstaande aan ‘n N3 sertifikaat.
Die volgende restaurant-aand vind 1, 2 en 3 Maart plaas en gaste moet vroegtydig by die skool bespreek sodat die “kokke” kan weet vir hoeveel gaste om reg te maak. Dit sal dan die Gr 11’s wees wat aan die beurt kom. Dit is ‘n groot bederf en heerlik as ma so blaaskansie voor die potte te kry.