Die ontstaan van Valentynsdag – Vroueblad
Volgens navorsers, sê ouers is die mees gewilde persone wat Valentys dag kaartjies van hul kinders ontvang met ongeveer een uit elke vyf kaartjies wat aan hulle gaan. Onderwysers, kinders, vroue en geliefdes is ook bo-aan die lys. Volgens die navorsers, is word ongeveer 85% van alle aankope van kaartjies deur vroue gedoen. Additioneel van kaartjies, word miljoene bokse sjokolade en rose verkoop (hoofsaaklik deur mans) op 14 Februarie.
Maar waar kom Valentynsdag vieringe oorspronklik vandaan?
Waar kom Valentynsdag vandaan?
Valentynsdag het waarskynlik sy oorsprong van die antieke Romeinse fees van Lupercalis, wat 15 Februarie gevier word, gekry. Die feesvieringe is geleidelik geassosieër met die fees dag (14 Februarie) van twee Romeinse martelaars, beide St Valentine genoem, wat in die derde eeu geleef het. St Valentine is tradisioneel eerbiedig as die beskermheer van verliefdes.
Daar is egter ook sekere twispunte aangaande Saint Valentine, na wie die gewilde dag vernoem is. Argeoloeë, wat ‘n Romeinse grafkelder en eertydse kerk opgegrawe het, is nie seker of daar slegs een Valentine of meer nie was nie. Vandag erken die Katolieke Kerk ten minste drie verskillende heiliges was wat Valentine of Valentinus genoem was – van wie almal gemartel was op 14 Februarie – ten minste twee van hulle in Italië gedurende die derde eeu.
Die mees gewilde kandidaat is egter ‘n derde eeuse priester wat Christenskap gepraktiseer het en geheime huwelike uitgevoer het – teen direkte opdragte van Keiser Claudius II wat geglo het ongetroude soldate sou makliker by sy weermag aansluit. Die legende is dat Valentine ‘n nota aan sy vriendin (die gevangene se dogter) gestuur het wat sê “From your Valentine” voordat hy tereggestel is op 14 Februarie in 270 n.C. (Hierdie frase word steeds vandag prominent in kaartjies gebruik).
Valentyn simbole:
Dit is nie moeilik om die konneksie tussen die hart en Valentynsdag uit te “figure” nie. Die hart is in historiese tye verbind tot die oorsprong van alle emosies. Dit is eers later geassosieër met slegs die emosie van liefde. (Vandag weet ons dat die hart basies die pomp is wat bloed deur ons liggame laat vloei).
Dit is nie duidelik wanneer die valentyn hart vorm die simbool van die hart geword het nie. Sommige skoliere spekuleer dat die hart simbool, soos ons dit gebruik om ramanse of liefde uit te beeld, gekom het van vroeëre probeerslae deur mense om ‘n orgaan te teken wat hulle nog nooit gesien het nie.
Volgens legende is rooi rose die gunsteling blom van Venus, die Romeinse godin van liefde. Rooi is ook ‘n kleur wat sterk gevoelens vereenselwig. Kant is lank gelede reeds gebruik om dames sakdoekies mee te maak. Honderde jare gelede het vroue hul sakdoeke laat val wanneer hulle hul oog op ‘n man gehad het en hom daarmee aangemoedig. So het mense aan kant begin dink wanneer hulle aan die liefde dink.
“Lovebirds”, soos ons almal weet, is ‘n kleurvolle voëltjie wat in Afrika voorkom. Hulle is so genoem aangesien hulle so na aan mekaar sit soos verliefdes doen. Duiwe is simbole van lojaliteit en liefde – hulle paar lewenslank en deel die verantwoordelikheid van hul kleintjies.
Waar kom die “X” teken wat ‘n soen verteenwoordig vandaan? Hierdie tradisie het met die Middeleeuse gebruik ontstaan. Mense wat nie kon skryf nie, is toegelaat om dokumente met ‘n “X” te teken. Dit is voor ‘n getuie gedoen en die ondertekende het ‘n soen op die “X” geplaas om sy opregtheid te bewys. Dit is hoe die “X” ontstaan het as ‘n teken van ‘n soen onder aan ‘n brief.
Ander Valentyn tradisies
Die geskenk met blomme op Valentynsdag dateer waarskynlik terug tot so vroeg as die 1700s toe Charles II van Swede, die Persiese poëtiese kuns genaamd “the language of love” na Europa gebring het. Regdeur die agtiende eeu is ‘n blomme woordeboek gepubliseer wat toegelaat het dat geheime uitgeruil word met ‘n lelie en geselskap het plaasgevind deur ‘n ruiker van blomme.
Die roos, wat liefde vereenselwig, is waarskynlik die enigste blom met ‘n mening wat universeel verstaan word. Die rooi roos is steeds die mees gewildste blom wat deur mans vir hul geliefdes gekoop word. In meer onlangse jare het mense begin om hul geliefde blom vir hul geliefdes te stuur – in plaas van net rose. Van die gewildste blomme is lelies, tulpe, angeliere en madeliefies. Sjokolade in mooi versierde hart vomige boksies is ook baie gewild.
Blykbaar het geskenke van sjokolade en blomme nie die gewilde Valentynsdag kaartjies vervang nie. Sedert 1915 het Hallmark, die leier in die kaartjie industrie, kaartjies ontwerp wat in koeverte gepos kon word. Die uitvinder, Joyce Hall het reeds so vroeg as 1910 begin deur kaartjies uit twee skoenbokse aan mense te verkoop. Hierdie Nebraska tiener met die groot idees, het ‘n enorme besigheid en wêreld heerskappy gebou. Vandag maak Hallmark kaartjies in 30 tale en verkoop hulle in oor die 100 lande.