Unieke gesondheids produkte – Vroueblad
Die Amerikaanse kankervereniging beveel aan dat die mens vyf tot nege vars vrugte- en groenteporsies per dag moet eet om kanker en ander chroniese siektes te voorkom. Chroniese siektes is onder andere allergieë, hartsiektes, ekseem en osteoporose.
Ongelukkig het vandag se kos nie meer dieselfde voedingswaarde as vroeër nie. Navorsing het bewys dat rou groente in 1936 baie meer voedingswaarde gehad het as vyftig jaar later.
Die moderne metodes om voedsel te verwerk veroorsaak dat ‘n lang tyd verloop vandat dit geoes word totdat dit gebruik word en baie vitamienes gaan dus verlore. Stres veroorsaak dat jou liggaam vinniger vitamienes en minerale verbrand en daarom het jy ekstra aanvullers nodig.
Vir al hierdie probleme, is daar ‘n unieke gesondheidsproduk op die mark. Sportron. Die eerste unieke kenmerk van Sportron is dat hulle die enigste firma in Suid-Afrika is wat vitamiene en minerale in ‘n voedselvorm bemark.
Voedselvorm vitamiene en minerale is molekulêr verbind met proteïne, koolhidrate en lipiedes. Dit is soos wat vitamiene en minerale in voedsel voorkom en word daarom deur die liggaam makliker herken en geabsorbeer.
Dit word tot twaalf keer meer geabsorbeer as geisoleerde vitamienes en bly sestien keer langer in die liggaam. Waar geisoleerde Vitamiene C net twee ure in jou liggaam bly, word voedselvorm Vitamiene C tot agtien uur gestoor.
Sportron produkte bevat geen gifstowwe, suiker, suiwel, sout, glutien of kleur- en geurmiddels nie. Sportron produkte is nie medisyne nie, maar voedselaanvullers wat die sisteme van die liggaam ondersteun en versterk sodat optimale gesondheid gehandhaaf kan word.
Die produkte sal ook nie met voorskrifmedisyne inmeng nie en kan dus daarmee saam gebruik word. Vir elke sisteem in die liggaam is daar ‘n produk wat die betrokke sisteem opbou en balanseer. Sportron se Thabazimbi agent, René Vos, gaan in die komende maande in die Vroueblad meer inligting oor elke produk gee. “Jou gesondheid is vir my van belang” het sy gesê.