Vooruitgang vir Kromdraai
KROMDRAAI – ‘n Groot natuurreservaat ontwikkeling word aan die ooste kant van Kromdraai beplan.
Die ontwikkeling bestaan uit ‘n Eko Toe- risme projek van 250 eenhede op 2000 hektaar wildsplaas. Vir Kromdraai sal dit ‘n groot ekonomiese inspuiting te weeg bring asook ekonomiese bevordering van die hele gemeenskap in die groter Kromdraai omge- wing.
Die ontwikkeling is ‘n verdere motivering vir die verbetering van die bestaande infras- truktuur onder andere paaie, gesondheids- dienste, skole, polisie dienste, klein handel en telefoondienste. Die verhoogde ekono- miese aktiwiteite en werkskepping wat hier- mee gepaard gaan, sal die totale Kromdraai omgewing bevorder. Buiten die konstruk- sieproses en die arbeid wat benodig gaan word, sal volgehoue arbeid in die vorm van skoonmakers, instandhouding, sekuriteit en natuurbewaringsaktiwiteite deurentyd beno- dig word. Dit sal lei tot ekonomiese voor- uitgang en verbetering van lewenstan- daarde vir die hele gemeenskap asook ver- hoogde waarde in eiendomme.
Die ontwikkeling is gebaseer op streng voorskrifte en deelname van die nasionale en plaaslike owerheid. ‘n Professionele span is aangestel om alle aspekte van omgewing sake soos water, riool, vullis en sekuriteit te beplan. Streng sekuriteit met toegang- beheer by die hek gaan aan die orde van die dag wees.
Daar sal sover moontlik van lokale arbeid gebruik gemaak word. Die omgewings im- pakstudie is amper voltooi, waarna die aan- soek ingedien sal word.
Bemarking is onderhewig aan die goed- keuring van ontwikkelingsregte. Eenhede sal vanaf R295 000 per eenheid beskikbaar wees.