Koedoeskop Polisiëring Sektor vergader
KOEDOESKOP – Die Koedoeskop Polisiëring Sektor het weereens bewys dat die gemeenskap kan saamstaan en het, 8 Februarie, by die Naletsana Skool ‘n byeenkoms gehou.
Die sprekers tydens die byeenkoms was direkteur Mabuda en senior superintendent Mafelasthuma van die Area Kommissaris te Modimole (Nylstroom). Meeste van die boere en hulle werkers het die byeenkoms bygewoon. Die Naletsana skoolleerlinge was ook teenwoordig.
Die sprekers was duidelik beïndruk deur die entoesiasme van die gemeenskap om effektiewe teenstand teen kriminele elemente te bied. Direkteur Mabuda het die gemeenskap gemotiveer om voort te bou op hulle sukses en saam te staan om die mag van die kriminele te breek deur alle tye ongerymdhede te rapporteer.
Die samewerking wat tot dusver deur die totale gemeenskap van Koedoeskop vir hierdie projek gegee is, dui daarop dat die groei en effektiewe sukses fenominaal gaan wees en dat ander Polisiëring Sektors uit hierdie projek kan leer.