General

HFM wen swem Interhoër

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het die afgelope Dinsdag aan die Interhoër swembyeenkoms te Rustenburg deelgeneem. Van die agt skole teenwoordig, eindig HFM eerste met ‘n totale telling van 263 punte. Altesaam 30 medaljes kom huistoe.
Goue medaljes word deur die volgende swemmers gewen: Karel Eloff, Rhoné Rheeders, John Johnston, Marie Pienaar, Christo Pienaar en Hendrik Storm. Rhoné Rheeders wen in drie afdelings onderskeidelik goue medaljes.
Silwer medalje wenners was as volg: Johann Coetzee, Marèli Storm, Roswell Aspeling, Jeanette Johnston, Nikki Ravenscroft, Karel Eloff, Jacques Stevens, Ronel Erasmus, Lize de Villiers, Marjonell van Deventer en Anje du Plessis.
Brons medalje wenners was as volg: Michelle Johnston, Willemien Calitz, Hendrik Storm, Nikki Ravenscroft, Johann Coetzee, Ruan Steenkamp en Karel Eloff.
HFM se aflosspanne breek ook vier nuwe rekords in seuns O/16 wisselslagaflos (hierdie rekord het vir 11 jaar gestaan), seuns O/16 kruipslagaflos, dogters O/16 kruipslagaflos (hierdie rekord het vir 14 jaar gestaan) en ladderaflos (seuns en dogters wenners saam).
Die Junior Victrix Ludorum beker gaan aan HFM se Rhoné Rheeders.