General

Polokwane Internasionale Lughawe oppad na sukses

Polokwane Internasionale Lughawe het ‘n ontwikkelings strategie aanvaar wat dit vir hul moontlik sal maak om hul regmatige plek in te neem tussen die land se top lugvaart sentrums.
“Eienaarskap van die lughawe, wat oorspronklik deel was van die lugmag basis, is oorgedra na die Limpopo Provinsiale Regering in 1995 en kommersiële dienste het reeds in Februarie 1996 in werking getree”, het mnr Shadrack Ramusa, Hoof Uitvoerende beampte van Polokwane Internasionale Lughawe, verduidelik.
Ramusa het verder bygevoeg dat Polokwane Internasionale Lughawe een van die top tien lughawens in Suid-Afrika is wat huidiglik internasionale lisensies het, en ook die enigste in Limpopo provinsie. Dit het ten volle operasionele doeane- en immigrasie fasiliteite.
Met doeane- en immigrasie fasiliteite op ‘n permanente werkende basis, is dit vir die lughawe moontlik om alle internasionale lugverkeer te hanteer.
Die lughawe opereer van 06:00 tot 20:00 vanaf Maandae tot Vrydae en van 07:00 tot 15:00 op Sondae, met die moontlikheid van verlengde periodes op aanvraag. Die lughawe opereer as ‘n kategorie sewe redding en brandweer diens, met planne reeds in plek om dit tot ‘n kategorie nege op te gradeer teen 2005.
“As deel van die infrastruktuur opgradering om ‘n wêreld klas lugvaart fasiliteit te ontwikkel, het die lughawe R30 miljoen eenkant gesit vir die verlenging van ‘n aanloopbaan om ‘n Boeing 747 te akkommodeer, vir opgradering van die navigasie hulpdienste met die installasie van nuwe ILS, CVOR en DME, oprigting van ‘n nuwe lugverkeer toring en die konstruksie van ‘n bagasie pakhuis en verkoelings store gedurende die huidige finansiële jaar, het me Patricia Tharage, Algemene Bestuurder van Bemarking en Beplanning verduidelik.
Tenders is reeds uitgesit vir die aanstelling van konsultant ingenieurs vir die ontwerp en teken vir die konstruksie van die infrastruktuur.